Sunday, April 15, 2007

MEDIAVERKLARING UITGEREIK DEUR PRAAG (PRO-AFRIKAANSE AKSIEGROEP) OP 13

Die opsetlike vernietiging van 'n Afrikanergedenkteke n op Standerton dui op 'n 'n nuwe laagtepunt in die verhouding tussen Afrikaners en die huidige bewind. Aanvanklik is die Afrikaner-erfenis, soos die Afrikaanse taal, bloot afgeskeep en van openbare fondse ontneem. Tans word die Afrikanererfenis aktief vernietig.
Soos ons en ander deskundiges reeds in die onlangse verlede aangedui het, bevind Suid-Afrika hom reeds in 'n laegraadse etniese konflik. Die soort simboliese aanval op die Afrikanergemeenskap wat op Standerton deur die burgemeesteres, mev. Queen Radebe-Khumalo, geloods is deur 'n gedenksteen vir die 150-jarige viering van die Groot Trek te laat platstoot, is tipies van sulke konflikte.
Hoe langer die Afrikaner hom deur mooipraatjiese en propaganda oor "versoening" laat mislei, hoe meer aggressief gaan sy vyande teen hom optree. Ons voeg ons stem by diƩ van elke ander Afrikaanse organisasie wat namens ons hele volk ons woede en teleurstelling uitspreek oor hierdie sinnelose daad van aggressie wat Queen (nogal) Radebe-Khumalo gepleeg het.
Die enigste logiese gevolgtrekking hieruit is dat daar geen plek meer vir die Afrikaner in Suid-Afrika is nie en dat die strewe na 'n eie grondgebied en staat dringend en wyd gepropageer moet word.
Ook tydens dr. Roodt se deelname aan 'n radiogesprek gisteraand op Kaya FM oor rassekwotas in sport, was dit vir hom duidelik dat die swart omroeper en luisteraars so in besit geneem is deur swart rassenasionalisme dat enige redelike debat onmoontlik was.
Die vernietiging van die Groot Trek-gedenkteken op Standerton staan in die teken van die toenemende onverdraagsaamheid en aggressie wat deur swart nasionalisme en selfs anti-wit rassisme in Suid-Afrika veroorsaak word. Ons kan dit nie langer ignoreer nie.
Kontakpersoon: Dan Roodt 0824901036

No comments: